Ouvrou

Ouvrou. Image by *g*wolf

Ouvrou is in 1929 in Duitsland gebore. In 1961 emigreer sy na Suid Afrika en woon in die Pretoria omgewing tot 2001. Daarna verhuis sy na Pondoland op die Wildekus as plaasvrou vir ‘n dekade. Nou het sy afgetree in die Kaap naby haar kinders en kleinkinders.

Kontak Ouvrou
epos:  baroness.w@gmail.com

Deel 1

Rus

Niks doen, rustig wees
En genees?
Dit is swaar
Om soos ‘n lyk te aanvaar
Dit is verby.
Geen stryery,
Geen entoesiasme,
Geen nuwigheid,
Geen eie denke,
Of so meer.
Sal jy dit oorleef?
Maar eendag is die rus verby,
Op nuut begin jy lewe kry.
Die wakker word sal heerlik wees
– Jy is genees.

Geduld

My lewe is ‘n lang lang wag.
Gedurende die dag,
Gedurende die nag,
– op wat?

Die lewe gaan so gou verby,
Nooit sal jy jou wense kry.
Geduldig wag en dan aanvaar
maak alles soveel minder swaar.

Eensaam

Een alleen is eensaam.
Maar saam met een
Kan eensaam wees
Al is jy nie alleen.

Net die twee saam
Wat mekaar verstaan,
Is nooit eensaam nie.
Al is hul soms alleen
tog in gedagtes
Wel byeen.

Genoeg

Die ouvrou sit en wag,
wag op haar einde.

Sit en wag;
dag na dag.

Genoeg!

Sy ruk haar reg,
Sy sal gaan veg,

en sneuwel.

Nie so erg nie.

 

Dit reën op die grasdak.

Dit reën deur die grasdak.

Gelukkig net plek-plek.

Drup-drup in die skottel,

klongk, klongk.   klongk, klongk.

 

Digter

Ouvrou het nog altyd van Carl Spitzweg se skildery

“Die arm Digter” gehou.

 

Vandag, 50 jaar gelede …

Ouvrou sit op haar stoep. Sy kyk na die see en sien ‘n skip verby vaar. Toe dink sy terug aan lank, lank gelede:

Die 19de April 1961 het ons met die vragskip “KARROO” vanaf Hamburg na Kaapstad gevaar. Alles waarvoor ons lief was het ons saamgevat, vanselfsprekend baie boeke, my klavier en ons ou Mercedes.

Ons het die 12de Mei in Kaapstad aangekom en word toe as immigrante geregistreer.

Kaartjie

Op die “KARROO” het ons verder gery na Port Elizabeth, toe Oos London en uiteindelik  vaar ons Durban se hawe in.

Vol van avontuurlike verwagtings Suid Afrika word ons nuwe tuiste.

Uitsig

Ouvrou woon nou in Pondoland, op die Wildekus. Sy geniet die uitsig, oor die reënwoud, op die oseaan en die skepe wat verby vaar.

Veral vandag, na 50 jaar, dink sy dankbaar terug aan haar oortog met die “KARROO”.

 

 

Boomgestaltes

Ouvrou sit op die stoep. Sy kyk na die seldsame figure wat hoog bo oor die woud hulle koppe uitsteek. Daar is ‘n hond met ‘n kat en nog ander kreature.

Hulle verander soms hulle voorkoms binne ‘n paar maande.

Ouvrou hou van haar bure, die boomreuse.

Twee Strepe

7:00 in die oggend lui Ouvrou se selfoon. Dis een van haar seuns en hy sê: “Twee strepe!” Niks verder nie. Ouvrou se brein is op Google-soek, vinnig, vinnig wat beteken dit? Gelukkig onthou sy toe, dat hulle graag ‘n gesinnetjie wil begin. Ouvrou antwoord, nogal versigtig: “O, ek mag julle gelukwens, of hoe?”

Dit was ‘n paar jaar gelede.

Laas maand, vroeg in die oggend, kom haar seun en sy vroutjie en vra of Ouvrou al haar bloeddrukpil geneem het. “Nee, maar wat is dit?” will sy weet. Hulle kyk na mekaar en nie een van hulle sê iets nie. “Nou goed,” sê Ouvrou, “twee strepe?” En hulle was stom van verbasing!

Maar dis nie die einde nie.

Presies nege dae later kry Ouvrou vroeg soggens ‘n MMS. Die foto daarop lyk soos haar nuwe “memory stick”. Wat sal dit beteken? Daar is niks bygeskryf nie en dit kom van haar jongste seun. Ouvrou kry haar bril en kyk weer. Nou goed, daar is een streep, nie twee nie. Sy kyk nog weer – wag, daar is wel ‘n baie swak tweede streepie. Sal dit beteken??? Ouvrou bel dadelik en gelukwens hulle!

Onthou, in Ouvrou se jong dae was hierdie gadgets nog nie eens uitgevind nie!

“Crunchy”

Sodra die behoefte ontstaan om met ‘n spesifieke uitdrukking iets te beklemtoon, soek ‘n veeltalige na die gepaste woord. Sonder om veel daaroor na te dink, word dit genoem. “Crunchy” is een van daardie woorde wat net nie in ‘n ander taal dieselfde gevoel uit lok nie.

Ons was met vakansie in Stilbaai. In die tent het ‘n klein gasyskas probeer koud bly. Ek het jellie gemaak en dit in die yskassie gesit. Die aand kyk ek of dit gestol het en toe wemel dit van miere, vasgevang in die stywe jellie. Omdat dit al donker was, los ek dit om in die oggend weg te gooi.

Die seuns het baie laat die nag terug gekom. Die volgende oggend vind ek die leë jelliebakkie en wou van hulle weet, wat van die jellie geword het. “O,  ons het dit geëet.” Ek lag: “En wat van die miere?” Hulle kyk na mekaar: “Gewonder, dit was so crunchy.”

Internet: 80 Jaar en ouer gesoek!

Ouvrou is op soek na mede ouderdoms venote wat ook nog aktief die Internet gebruik. Wat op ‘n rekenaar skryf en korrespondeer.

Die persoonlike rekenaar het eers in gebruik gekom toe ons reeds in ons middeljare was. Ook Ouvrou het gedink dat dit nie nodig is om nog iets nuuts uit te probeer nie, die ou manier van kontak hou was mos nog altyd goed genoeg gewees. Toe kom die dag waar haar seun die voordele uitwys en sy het vinnig geleer om die groot ou rekenaar te beheers. Dit is jammer, dat Ouvrou se susters en vriendinne nie belang stel om met haar in die Kuber ruimte rond te vlieg nie. Maar sy weet dat daar wel heelwat ou mense is wat die moderne kuns van kommunikasie beheers en uitoefen.

Dink net, ons kleinkinders werk maklik “online” en van ons agterkleinkinders het speelgoed rekenaars.

80 jaar en ouer – laat van julle hoor!

http://www.facebook.com/pages/Who-is-80-years-and-older-using-the-Internet/160717973978248

Die Kersmannetjie

Hy was elf maande lank weggepak met die Kersversierings. Elke jaar is ek bly om hom weer te sien. Dan staan hy op die klavier, of my skryftafel of waar hy vir almal kan wenkbroue lig.

Kersmannetjie

Een jaar ry ons Stilbaai toe vir die Desember vakansie en ek sit ek hom voor op die instrumentpaneel van die Kombi. “Ag, neeee”, kerm my tienderjariges.

Omtrent ‘n leeftyd later vra ek my seun toe ek hom op die tafel sit: “Onthou jy hom nog?” Spontaan kom die antwoord: “O, jaaa!”

Muskiete en Vlooie

“Luister, nou het hy weer sy enjin aangesit”, sê my seuntjie opgewonde. Hy lê in sy bedjie en ‘n muskiet vlieg om ons rond.

Dis Ouvrou se waarneming oor die gedrag van muskiete en vlooie:

Muskiete verkies om in skoongewaste mensevleis te byt, maar dit is net as hulle ‘n keuse sou hê . Hulle distansieer hulself van die vlieë wat ‘n andersom smaak het. Ook byt die huisvlieg nie, maar is net baie onaangenaam en lastig.

Ek praat met die muskiet as hy met sy masjien aan, om en om my vlieg. My pa het gesê: “Verduidelik aan die muskiet dat jy hom sal doodmaak as hy jou byt.” En dit werk, ek word selde gebyt. Wat is dit? Hoor hulle my, al praat ek met hulle nie hardop nie, net in my gedagtes?

As ons saans saam op die stoep sit, verkies die muskiete ander bo my om hul bloedlus te stil. Μiskien hou muskiete nie van my nie en sal my in elk geval uitlos.

Vlooie is anders. Hulle waarsku nie met ‘n jet se lawaai nie. Hulle spring op alles met elke geleentheid. Mens weet nie eens dat hulle bestaan nie dan juk die byt.

Die Beertjies

Vandag is my pa se verjaarsdag. Hy is in 1905 gebore en het net 39 jaar oud geword. Toe my moeder in 1992 oorlede is, vind ek ‘n paar van my vader se laaste briewe aan haar. In een van Oktober 1944, vra hy my ma om sy ou speelgoed te bêre tot hy weer huistoe kan kom, weens die herinneringe aan sy gelukkige kinderdae.
Toe ek amper vyftig jaar gelede na Suid Afrika geimmigreer het bring ek buiten die ou skryftafel ook ‘n kassie saam wat aan my pa behoort het. Eers ‘n paar jaar gelede het ek dit oop gemaak en behalwe vir interessante fotos kry ek ook ‘n ou beertjie. Ek sit hom voor my op die skryftafel.
My kleindogter Brigitte verras my eendag met ‘n maatjie vir hom. Nou sit hulle langs mekaar. Hulle verskil in ouderdom is omtrent ‘n honderd jaar – ongelooflik.

Betowerende Lemoenbloeisels


Teks: Wolfgang v. Goethe 1749 – 1832,  Italienische Reise,1786

Ouvrou se storie:

Ek was omtrent 15 jaar oud toe ek met oorgawe hierdie woorde uit ‘n gedig van Goethe gesing en op die klavier begely het: “Ken jy die land waar die lemoene bloei”

Omdat bladmusiek daardie jare skaars was in Duitsland, het ek dit vir my afgeskryf.Ek is lankal in die land waar elke jaar met bloeityd die geur van lemoenbloeisels my laat besef hoe gelukkig ek is om hier te kan lewe. Die vervulling van ‘n liedjie se verlange, die antwoord op die vraag: “Ken jy die land?”

Lemoenbloeisels het ‘n betowerende geur wat ‘n emosie van heemelse jubel uitlok. Elke jaar umhul dit my soos ‘n wolk van eteriese parfuum.

Gedurende bloemtyd verdryf die sagste luggie wat oor die lemoenbome sweef gewone reuke, soos die van perdemis en hoenderhok.

Gedurende die jaar is rondom Ouvrou ‘n magdom van verskillende ruike: rose, jasmyn, olifantsoor, soetdoring en vele andere. Elk een word bewustelik ingeasem en terdeë gekoester. ‘n Spesiale plek het die klein blou viooltjies. Hulle geur verwek herinneringe aan die ouerhuis se tuin.

Dus is daar twee geurige pole in Ouvrou se lewe:

Lemoenbloeisels -‘n droom wat werkliheid geword het en
Viooltjies – soete herinneringe aan kinderjare.

‘n Ou Liefdesbriefie


Wie skryf nog in vandag se digitale eeu sy liefdesbriewe spontaan met pen op papier, en pos dit?

Vir hoe lank sal die mooi woorde in besonderse emotionele e-pos en sms boodskape op die rekenaar en selfoon bewaar kan word?

Sal agterkleinkinders na ons afsterwe nog ‘n pakkie briewe vind wat goed weggesteek was?

Selfs Valentynskaarte word vandag oor die internet gepos.

Miskien is dit net nog Ouvrou wat sentimentaal voel oor die stukkies papier in haar hand, wat van liefdesgevoelens vertel en warm herinneringe laat belewe.