Ouvrou sit op haar stoep. Sy kyk na die see en sien ‘n skip verby vaar. Toe dink sy terug aan lank, lank gelede:
Die 19de April 1961 het ons met die vragskip “KARROO“ vanaf Hamburg na Kaapstad gevaar. Alles waarvoor ons lief was het ons saamgevat, vanselfsprekend baie boeke, my klavier en ons ou Mercedes.
Ons het die 12de Mei in Kaapstad aangekom en word toe as immigrante geregistreer.
Op die “KARROO“ het ons verder gery na Port Elizabeth, toe Oos London en uiteindelik vaar ons Durban se hawe in.
Vol van avontuurlike verwagtings – Suid Afrika word ons nuwe tuiste.
Ouvrou woon nou in Pondoland, op die Wildekus. Sy geniet die uitsig, oor die reënwoud, op die oseaan en die skepe wat verby vaar.
Veral vandag, na 50 jaar, dink sy dankbaar terug aan haar oortog met die “KARROO“.



Wunderbar! Wenn ihr nicht von Deutschland gekommen seit, waehren wir auch nicht da! Viel abenteuer und glueck nach 50 Jahren!
Congrats Mutti! What an amazing 50 years you have had in SA! So very glad you decided to come to Africa! Love you