7:00 in die oggend lui Ouvrou se selfoon. Dis een van haar seuns en hy sê: “Twee strepe!” Niks verder nie. Ouvrou se brein is op Google-soek, vinnig, vinnig wat beteken dit? Gelukkig onthou sy toe, dat hulle graag ‘n gesinnetjie wil begin. Ouvrou antwoord, nogal versigtig: “O, ek mag julle gelukwens, of hoe?”
Dit was ‘n paar jaar gelede.
Laas maand, vroeg in die oggend, kom haar seun en sy vroutjie en vra of Ouvrou al haar bloeddrukpil geneem het. “Nee, maar wat is dit?” will sy weet. Hulle kyk na mekaar en nie een van hulle sê iets nie. “Nou goed,” sê Ouvrou, “twee strepe?” En hulle was stom van verbasing!
Maar dis nie die einde nie.
Presies nege dae later kry Ouvrou vroeg soggens ‘n MMS. Die foto daarop lyk soos haar nuwe ‘memory stick’. Wat sal dit beteken? Daar is niks bygeskryf nie en dit kom van haar jongste seun. Ouvrou kry haar bril en kyk weer. Nou goed, daar is een streep, nie twee nie. Sy kyk nog weer – wag, daar is wel ‘n baie swak tweede streepie. Sal dit beteken??? Ouvrou bel dadelik en gelukwens hulle!
Onthou, in Ouvrou se jong dae was hierdie gadgets nog nie eens uitgevind nie!

Love this story and the way you tell it!!!!
Ek is vriende met Colette en my hart was net so bly toe ek die MMS sien van haar twee strepe! Dis wonderlike nuus!
Baie geluk aan die trotse ouma!!!
ek is ‘n vriendin wat die twee strepies al lankal saam afgebid het! So cool storie!
Baie geluk!
En sterkte
Claire & Claude x
Hi Mutti,
Always love reading your words.
Hope you are healthy and well.
I’m sure you are excited to become a gran yet again.
Lots of love to you all down there.
Louise, Ed and Aidan
Twee strepe, 2 kleinkinders oppad van 2 skoondogters!
Ek is n 24 jarige vanaf Johannesburg! Ek is so aangenaam verras met hierdie webblad! Ek gaan verseker van nou af gereeld hier n draai kom maak en sommer inteken op die RSS feed! Ek sal wel graag n bio van ouvrou wil lees, waar kom ouvrou vandaan en wat is haar storie “in kort”?! Ek glo as ek al die inskrywings lees sal ek baie van haar leer maar sy (ek neem aan Ouvrou gaan hierdie lees) jy fasineer my nou verskriklik!
Baie dankie! Ek is seker jy sal heelwat oor my kan uitvind as jy al die stories lees. Groete, Ouvrou.