Dit is vier uur in die namiddag. Ouvrou het haar ‘n lekker koppie koffie gemaak. Sy will dit buite op die stoep met ‘n beskuit geniet. Pah, daar wag die eendemannetjie al klaar op haar. Hy knibbel aan haar rok. Sy streel hom en kielie onder sy nekvere, maar onverwags sal hy ‘n blaps by haar voete los en daarvoor is sy nie nou lus nie. Dus op die stoeltjie by die voordeur gaan sit? Hier kom die kat en spring op haar skoot. Amper koffie en beskuit gemors. Toe gaan ouvrou na haar tuin se lekker bankie. ‘n Groot gefladder en al wat hoender is en die haan ook, probeer langs haar sit en bedel vir ‘n krummeltjie. Gelukig het die jonk hondjie nog nie vir ouvrou ondek nie, – - – gevolgtrekking? Liefde gaan beslis deur die maag! Ouvrou wonder, net by diere?
Oulik! Ek kan dit nie glo nie, my dogter noem my Ouvrou van haar tiener dae af. Op die oomblik soek ek ‘n paar skakels om te ruil sodat ons afrikaanse blogs makliker gesien kan word. My afrikaanse blog is meer oor Namibië die natuur en diere. Kuier asb. by hierdie blog en los ‘n skakel as jy belangstel om skakels te ruil. My skakel is sonkant bo in Namibië
Baie dankie van nog ‘n Ouvrou