‘n Traan op “u” se graf

Lamentasie: O, ag, nee!

Hoekom het “u” ons moes verlaat?

Die “jy” en “jou”

sal nooit “u” kan vervang nie.

Die Franse “vous”,

die Duitse “Sie”,

die “u” in Afrikaans

wys elegansie, toon respek,

is welbevoegd en kultiveerd.

Dit laat ‘n ou mens lekker voel.

Wie het die “u” so sleg bewaar?

Wie het die “u” begrawe?

Hoe kan ons klaarkom sonder “u”?

Wie sal ‘n Ouvrou troos?

3 Responses to “‘n Traan op “u” se graf”

  1. Cole says:

    The special you in “u” will always be

  2. Petrus says:

    Dank “u”

  3. Ouvrou says:

    (Google vertaling: werklik indrukwekkend)

    Baie dankie!

Leave a Reply