‘n Ou Liefdesbriefie


Wie skryf nog in vandag se digitale eeu sy liefdesbriewe spontaan met pen op papier, en pos dit?

Vir hoe lank sal die mooi woorde in besonderse emotionele e-pos en sms boodskape op die rekenaar en selfoon bewaar kan word?

Sal agterkleinkinders na ons afsterwe nog ‘n pakkie briewe vind wat goed weggesteek was?

Selfs Valentynskaarte word vandag oor die internet gepos.

Miskien is dit net nog Ouvrou wat sentimentaal voel oor die stukkies papier in haar hand, wat van liefdesgevoelens vertel en warm herinneringe laat belewe.

One Response to “‘n Ou Liefdesbriefie”

  1. willem oosthuizen says:

    Dit is waar die waarde sisteem, kwaliteit en kwantiteit verruil het.

Leave a Reply