‘n Oktogenariër in die Kuber Ruimte

Ouvrou het nie meer ‘n besem nodig om haar geliefdes deur lug en wolke te besoek nie. Vandag kan sy met haar selfoon en rekenaar rustig kuier sonder groot moeite. Die voorwaarde is dat haar vriende ook die digitale toerusting besit.

Die kuns van hoe om in die kuber ruimte rond te swerf, is vir ouer mense nie maklik om aan te leer nie. Daar is ook ‘n nuwe woordeskat in gebruik wat soms ontmoonlik is om te verstaan.

Selfone is deel van die nuwe manier om in die ruimte rond te rits, sonder om vasgepen te wees naby ‘n telefoon. Soos ‘n blits uit die bloute van die hemel word die stem, boodskap of selfs ‘n foto oorgedra.

Kom, mede-Oktogenariërs, laat ons die kuber ruimte invaar en met „Google Earth“ die hele węreld verken! Gerieflik, gemaklik en sonder moeite. Ons besems lyk in elk geval al baie gehawend en het hul aftrede wel verdien.

Leave a Reply