Toe was ouvrou nog jonk. —
In ‘n klein armoedige huisie het twee ou mense gebly. Liewe mense, still en teruggetrokke. Af en toe het ek by hulle ingeloer, ietsie vir hulle saamgebring en ‘n koppie koffie saam met hulle gedrink. Eendag sê die ou man: “Ons pruime is ryp, jy moet een proe.” Eintlik is ek gladnie lief vir pruime nie, hulle het altyd wurms. Maar sy vrou voeg trots by: “En hulle het niks wurms nie!” Dit was ‘n lekker groot pruim wat hulle my gegee het om te eet. Hulle twee hou my dop en wag vir my lof. Ek byt in die pruim – en siedaar – ‘n wurmpie kyk na my met die piepklein oogies! Toe ek dit vir die ou mense wou wys, sien ek hoe trots en gelukkig hulle is om vir my so ‘n pragtige pruim te kon gee. En ek eet alles op, pruim én wurmpie.
Na al die jare kan ek net nie die wurmpie vergeet nie – - -
U het ‘n besonderse hart Fatima – geen wurmpies daarin nie… Groetnis!
Brilliant story. Worms (worts) and hearts…all we are made up of
Die wurmpie sal jou wel vergewe!