Home

Muskiete en Vlooie

“Luister, nou het hy weer sy enjin aangesit”, sę my seuntjie opgewonde. Hy lę in sy bedjie en ‘n muskiet vlieg om ons rond.

Dis Ouvrou se waarneming oor die gedrag van muskiete en vlooie:

Muskiete verkies om in skoongewaste mensevleis te byt, maar dit is net as hulle ‘n keuse sou hę . Hulle distansieer hulself van die vlieë wat ‘n andersom smaak het. Ook byt die huisvlieg nie, maar is net baie onaangenaam en lastig.

Ek praat met die muskiet as hy met sy masjien aan, om en om my vlieg. My pa het gesę: “Verduidelik aan die muskiet dat jy hom sal doodmaak as hy jou byt.” En dit werk, ek word selde gebyt. Wat is dit? Hoor hulle my, al praat ek met hulle nie hardop nie, net in my gedagtes?

As ons saans saam op die stoep sit, verkies die muskiete ander bo my om hul bloedlus te stil. Μiskien hou muskiete nie van my nie en sal my in elk geval uitlos.

Vlooie is anders. Hulle waarsku nie met ‘n jet se lawaai nie. Hulle spring op alles met elke geleentheid. Mens weet nie eens dat hulle bestaan nie – dan juk die byt.

One Response to “Muskiete en Vlooie”

  1. Armin en Sabine says:

    Die vlooie is anders, ons juk ook!

Leave a Reply