Internet: 80 Jaar en ouer gesoek!

Ouvrou is op soek na mede ouderdoms venote wat ook nog aktief die Internet gebruik. Wat op ‘n rekenaar skryf en korrespondeer.

Die persoonlike rekenaar het eers in gebruik gekom toe ons reeds in ons middeljare was. Ook Ouvrou het gedink dat dit nie nodig is om nog iets nuuts uit te probeer nie, die ou manier van kontak hou was mos nog altyd goed genoeg gewees. Toe kom die dag waar haar seun die voordele uitwys en sy het vinnig geleer om die groot ou rekenaar te beheers. Dit is jammer, dat Ouvrou se susters en vriendinne nie belang stel om met haar in die Kuber ruimte rond te vlieg nie. Maar sy weet dat daar wel heelwat ou mense is wat die moderne kuns van kommunikasie beheers en uitoefen.

Dink net, ons kleinkinders werk maklik “online” en van ons agterkleinkinders het speelgoed rekenaars.

80 jaar en ouer –  laat van julle hoor!

http://www.facebook.com/pages/Who-is-80-years-and-older-using-the-Internet/160717973978248

Leave a Reply