Haiku is ‘n ou Japanese vorm van ‘n baie kort gedig. Dit is besonders, dat ‘n toneel, ‘n situasie uitgebeeld word met ‘n eerste reël wat uit net vyf lettergrepe, ‘n tweede reël uit sewe en ‘n derde reël weer uit net vyf lettergrepe bestaan.
Ouvrou probeer:
Somernag. Volmaan.
Visbraaivuur met soetpatats.
Klere ruik na rook.Doudruppels op blaar.
Groot hoender pik klein slakkie.
Aarbei rooi en stom.Meeu ry golwe.
Sardyntjies swem in skole.
Dolfyn bollmakies’.Stofwolk – reënwolk.
Paddas oefen kwaakkonsert.
Sonstraal dirigeer.
Knap gedaan ouvrou, ek lees alweer baie lekker!
Darren…
Great post . Must think about this one on Saturday !…