Gedroogde Koejawels.
Soek ryp maar ferm vrugte uit,
verwyder die stingel en blommetjie gedeelte,
sny middeldeur,
krap die pitte met ‘n lepel uit,
sny in ‘n reep,
trek op ‘n garing,
hang op
en laat droog.

This entry was posted
on Monday, April 2nd, 2007 at 9:59 am and is filed under Uncategorized.
You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed.
You can leave a response, or trackback from your own site.
Liewe OuVrou, die gedroogte koejawels is pragtig!! Die vorms in die prentjie lyk soos een of ander eksotiese tropiese alfabet. Ek sou dit sooo geniet om elke dag te sien hoe dit ontvorm, en om elke dag se geur-ontwikkeling te ruik. Ek dink heeltyd daaraan. Die gedagtes, en alles waarmee dit binne my opryg, is besonders. Die gedig en foto en daarstelling is ‘n meesterstuk. Dankie daarvoor! Geniet elke oomblik! Mooiste wense Vrou!