Hy was elf maande lank weggepak met die Kersversierings. Elke jaar is ek bly om hom weer te sien. Dan staan hy op die klavier, of my skryftafel of waar hy vir almal kan wenkbroue lig.
Een jaar ry ons Stilbaai toe vir die Desember vakansie en ek sit ek hom voor op die instrumentpaneel van die Kombi. “Ag, neeee”, kerm my tienderjariges.
Omtrent ‘n leeftyd later vra ek my seun toe ek hom op die tafel sit: ”Onthou jy hom nog?” Spontaan kom die antwoord: “O, jaaa!”

O, ja! Dit is goed!