Die Brulpaddas se Wanhoop

Ouvrou verstaan nou hoekom die paddas beangs kwaak net voordat dit reën.

Dit is die storie:

Die oeroue padda moeder besef dit is nou haar tyd om te sterf. Sy is erg bekommerd dat haar seuns, die brulpaddas, haar miskien te naby hulle poeltjie se rand sal begrawe. Met reën styg die water in die klein dammetjie en sy moet sorg dat sy nie uit haar graf sal weggespoel word nie. Sy ken haar seuns baie goed en weet dat hulle dit as ‘n groot grap sou beskou as hulle presies net die teenoorgestelte doen van wat sy vir hulle opgedra het.  Om die veiligheid van haar begrafplek te verseker, gee sy haar wens te kenne, dat sy naby aan die poeltjie se rand will begrawe word. Haar seuns mag nou maar die verste rand kies en sy sal gerus wees.

Die seuns voel, hierdie laaste wens van hulle moeder moet eenvoudig gerespekteer word en begrawe haar so naby moontik aan die poeltjie se rand. Almal hoor nou, nog voordat die reën, hulle vreeslike kwaakgejammer.  Die paddas brul luidkeels, so beangs is hulle en daarom word hulle “brulpaddas” genoem.

Reënweer vereenig die paddagemeenskap en almal kwaak, brul en tjirp saam in die groot paddakoor – of is dit erder ‘n orkes?  Fortissimo!

2 Responses to “Die Brulpaddas se Wanhoop”

  1. Colette says:

    Love the sound effects…

Leave a Reply