Die Beertjies

Vandag is my pa se verjaarsdag. Hy is in 1905 gebore en het net 39 jaar oud geword. Toe my moeder in 1992 oorlede is, vind ek ‘n paar van my vader se laaste briewe aan haar. In een van Oktober 1944, vra hy my ma om sy ou speelgoed te bêre tot hy weer huistoe kan kom, weens die herinneringe aan sy gelukkige kinderdae.
Toe ek amper vyftig jaar gelede na Suid Afrika geimmigreer het bring ek buiten die ou skryftafel ook ‘n kassie saam wat aan my pa behoort het. Eers ‘n paar jaar gelede het ek dit oop gemaak en behalwe vir interessante fotos kry ek ook ‘n ou beertjie. Ek sit hom voor my op die skryftafel.
My kleindogter Brigitte verras my eendag met ‘n maatjie vir hom. Nou sit hulle langs mekaar. Hulle verskil in ouderdom is omtrent ‘n honderd jaar – ongelooflik.

One Response to “Die Beertjies”

  1. Gabriele says:

    Dear One…this is so very special…love it…x

Leave a Reply