Sodra die behoefte ontstaan om met ‘n spesifieke uitdrukking iets te beklemtoon, soek ‘n veeltalige na die gepaste woord. Sonder om veel daaroor na te dink, word dit genoem. “Crunchy” is een van daardie woorde wat net nie in ‘n ander taal dieselfde gevoel uit lok nie.
Ons was met vakansie in Stilbaai. In die tent het ‘n klein gasyskas probeer koud bly. Ek het jellie gemaak en dit in die yskassie gesit. Die aand kyk ek of dit gestol het en toe wemel dit van miere, vasgevang in die stywe jellie. Omdat dit al donker was, los ek dit om in die oggend weg te gooi.
Die seuns het baie laat die nag terug gekom. Die volgende oggend vind ek die leë jelliebakkie en wou van hulle weet, wat van die jellie geword het. “O, ons het dit geëet.” Ek lag: “En wat van die miere?” Hulle kyk na mekaar: “Gewonder, dit was so – “crunchy.””
My broers het soos ruspes geeet – crunchy miere was ‘n bonus!