Betowerende Lemoenbloeisels


Teks: Wolfgang v. Goethe 1749 – 1832,  Italienische Reise,1786

Ouvrou se storie:

Ek was omtrent 15 jaar oud toe ek met oorgawe hierdie woorde uit ‘n gedig van Goethe gesing en op die klavier begely het: “Ken jy die land waar die lemoene bloei ……”

Omdat bladmusiek daardie jare skaars was in Duitsland, het ek dit vir my afgeskryf.Ek is lankal in die land waar elke jaar met bloeityd die geur van lemoenbloeisels my laat besef hoe gelukkig ek is om hier te kan lewe. Die vervulling van ‘n liedjie se verlange, die antwoord op die vraag: “Ken jy die land?”

Lemoenbloeisels het ‘n betowerende geur wat ‘n  emosie van heemelse jubel uitlok. Elke jaar umhul dit my soos ‘n wolk van eteriese parfuum.

Gedurende bloemtyd verdryf die sagste luggie wat oor die lemoenbome sweef gewone reuke, soos die van perdemis en hoenderhok.

Gedurende die jaar is rondom Ouvrou ‘n magdom van verskillende ruike: rose, jasmyn, olifantsoor, soetdoring en vele andere. Elk een word bewustelik ingeasem en terdeë gekoester. ‘n Spesiale plek het die klein blou viooltjies. Hulle geur verwek herinneringe aan die ouerhuis se tuin.

Dus is daar twee geurige pole in Ouvrou se lewe:

Lemoenbloeisels – ‘n droom wat werkliheid geword het en
Viooltjies – soete herinneringe aan kinderjare.

Leave a Reply